Loading...

The Fuel Company

Home/Maatskappy Profiel/The Fuel Company
The Fuel Company 2016-11-13T12:03:17+00:00

The Fuel Company is ‘n divisie van Kaap Agri, met ‘n visie om die markleier te wees in die brandstof kleinhandelsektor in Suid-Afrika.  Dit sal bereik word deur Kaap Agri se goed gevestigde en steeds groeiende voetspoor, ‘n multi handelsmerk en voorsieningstrategie, ‘n fokus op unieke geleenthede, multi IT stelsels, en deur die korporatiewe ondersteuningstelsel van Kaap Agri, die mens-mense.

TFC is kliëntgedrewe met ‘n waardeproposisie om brandstof, ‘n kleinhandelsgeriefsdiens en kitskos op ‘n standhoudende basis te lewer binne ‘n skoon en veilige omgewing.

TFC beskik oor ‘n breë kliëntebasis wat die algemene publiek sowel as die vervoer en landbousektor en die nasionale en plaaslike regering insluit.

TFC beskik ook oor die infrastruktuur om rekeningkundige funksies, menslike hulpbronne, tegnologie, onderhoud en die bedryf van winkels te bestuur.