Select Language: English Afrikaans
Marketing

  • Graan en oliesade
  • Aartappelsaad
  • Droë bone
  • Safexverhandeling

Kaap Agri is betrokke by die bemarking van graan en oliesade wat onder andere koring, kanola, lupiene en mielies insluit.

Koring word meestal by plaaslike koringprodusente aangekoop.  Die area strek vanaf die Koeberg/Klipheuwel area in die suide tot sover as Upington in die noorde.  Die groot aankoopsgebied veroorsaak dat 'n goeie spektrum van grade aangekoop word.  Produsente slaag jaarliks daarin om koring van 'n beter kwaliteit te lewer deur goeie bestuurspraktyke wat insluit wisselbou met peulgewasse, asook die toepas van stikstofbestuur.

Oliesaadproduksie in die gebied is beperk tot Canolaverbouing, tewryl lupiene veral goed aard in die sanderige, goed gedreineerde gronde van Eendekuil en die Sandveld.

Hawer, voergars en korog word veral op die marginale gronde vir die voermark geproduseer.  Ontbythawer word ook van tyd tot tyd geproduseer, terwyl rog hoofsaaklik vir die meulens te Citrusdal verbou word.

Mielies word of van die somerreënstreke in Suid-Afrika aangekoop of via Kaapstad hawe ingevoer.  Verskeie aankoopinstrumente word gebruik om veral koring by kliënte aan te koop.  Daar word aktief van Safex gebruik gemaak ten einde prysrisiko vir kliënte te bestuur.

KONTAK

Malmesbury kantoor

Cobus du Plessis
022 482 8035
082 775 4646
cobus.duplessis@kaapagri.co.za

Wynand Lambrechts
022 482 8031
083 454 5650
wynand.lambrechts@kaapagri.co.za

Angeline Pieterse
022 482 8032
083 446 6858
angeline.pieterse@kaapagri.co.za

Porterville kantoor 

Maretha Kotze
maretha.kotze@kaapagri.co.za
Tel:  022 931 8447
Cell:  079 509 3449

Hugo Visser
hugo.visser@kaapagri.co.za
Tel:  022 931 8432
Cell:  083 608 2178

PRODUKTE/BEMARKING/AARTAPPELSAAD

Kaap Agri Bedryf Bpk se produkte-afdeling beskik oor aartappelsaad bemarkers wat betrokke is by die verhandeling van aartappelsaad.  Aartappelmoere van hoofsaaklik BP1, Van der Plank, Up to date, BP13 (Buffelspoort) en Avalanche van die hoogste gehalte word in die Sandveld, asook in die binneland aangekoop en verkoop.

KONTAK

Tinus Gouws
Sel:  083 286 4155
E-pos:  tinus.gouws@kaapagri.co.za

Johan Jacobs
Sel:  082 314 4114
johan.jacobs@kaapagri.co.za

Kaap Agri beskik oor 'n droëboon skoonmaakaanleg te Vredendal.  Hierdie aanleg word gebruik vir die skoonmaak van droëboonsaad en kommersiële droëbone.  Laasgenoemde word by kliënte aangekoop, skoongemaak en verpak en aan voedselmaatskappye verkoop.  Rooi gespikkelde- en lappiesbone word verhandel.

'n Saadskema waar Maskambone oftewel Lappiesbone verbou word, word ook te Vredendal bedryf.

KONTAK

Willem van Eeden
022 213 5267
082 802 2327
willem.vaneeden@kaapagri.co.za

Safex word aktief gebruik ten einde prysrisiko te bestuur.  Alhoewel Kaap Agri nie oor sy eie Safex setel beskik nie, word prysverskansing op Safex vanuit ons kantore te Malmesbury gedoen.

KONTAK

Cobus du Plessis
022 482 8035
082 775 4646
cobus.duplessis@kaapagri.co.za

Wynand Lambrechts
022 482 8031
083 454 5650
wynand.lambrechts@kaapagri.co.za

Sign On
Head Office Map
65 Voortrekker Road
Malmesbury

Tel: 022 482 8000
Fax: 022 482 8088
Trading Of Shares
Manual
Prices
Procedures
Price History
Financial Results
Profit Announcement
Group Interim Report
Annual Report
Promotions
Browse the latest promotions available at your nearest Agrimark.
Agricultural Information
Supply of timeous information from time to time.