→ Finansieringsdienste - Profiel
Kaap Agri Finansieringsdienste bestaan uit twee afdelings nl. ‘n Bedryfsafdeling en ‘n Administratiewe afdeling ten einde gefokusde diens aan eksterne sowel as interne kliënte te lewer.
‘n Wye reeks finansieringsprodukte word verskaf om te voldoen aan die uiteenlopende behoeftes van ons kliënte.
Die bedryfsafdeling is die kontakpunt met die Finansieringsdienste afdeling vir alle kredietbehoeftes, bv. aansoek om nuwe rekeninge, limietverhogings, rekeningnavrae ens.
Ten einde Kaap Agri se finansieringsdienste binne bereik van ons kliënte te plaas, is daar tans elf (11) streekfinansieringsdienste kantore naamlik: Malmesbury, Marble Hall, Porterville, Paarl, Ceres, Clanwilliam, Worcester, Upington, Springbok en in Namibië, Mariental en Windhoek.
Taalbeleid: Dokumentasie soos voorgeskryf deur die Nuwe Nasionale Kredietwet en wat deur Kaap Agri gebruik word, is beskikbaar in Afrikaans en Engels. Dokumentasie wat hieraan voldoen is die volgende:
- Aansoekvorms om kredietfasiliteit
- Standaard Terme en Voorwaardes
- Kwotasies en Terme
- Krediettermes
- Versoek om betaling en artikel 129 kennisgewings
- Maandstate
Ons vertrou dat ons vir u van diens kan wees.
|
|
|
|
|
Voortrekkerweg 65
Malmesbury
Tel: 022 482 8000
Faks: 022 482 8088 |
|
|
Handleiding
Pryse
Prosedure
Prysgeskiedenis
 |
|
|
Winsaankondiging
Groep Tussentydse Verslag
Jaarverslag
 |
|
|
Besigtig die nuutste promosies beskikbaar by jou naaste Agrimark.
 |
|
|
Voorsiening van tydige relevante inligting van tyd tot tyd.
 |
|
|
|