Select Language: English Afrikaans
Opberging

INFRASTRUKTUUR

Kaap Agri Produkte se graanopberg infrastruktuur bestaan uit 14 silo's met 'n totale opbergingskapasiteit van ongeveer 322 000 ton. Die meeste silo's beskik oor graanskoonmaakmasjiene en twee silo's naamlik Darling en Graafwater is toegerus met graandroërs.

INNAME VAN GRAAN

Gradering vind plaas soos beskryf in die Wet op Landbouprodukstandaarde en word op 'n skoonbasis uitgevoer. Lewerings moet vergesel word van 'n leweringsopdrag en kan direk op produsente se onderskeie kontrakte of vir privaat opberging gelewer word. Opbergingsooreenkomste moet deur agente/kopers, sowel as produsente geteken word alvorens enige lewerings kan plaasvind

OORDRAGTE EN SILOSERTIFIKATE

Graan kan vanaf privaatopberging of opbergingskontrakte oorgedra word of silosertifikate kan op aanvraag van die betrokke eienaars uitgereik word.

VERSENDING VAN GRAAN

By die meeste silo's kan uitlaai per pad of spoor gedoen word. Graan sal uitgelaai word na ontvangs van 'n skriftelike uitlaai instruksie van die eienaar van die betrokke graan. Die instruksies moet Kaap Agri minstens twee werksdae voor die beplande uitlaaidatum bereik.

SAFEX REGISTRASIE

Die volgende silo's is Safex geregistreer naamlik:

Klipheuwel, Darling, Riebeek-Wes, Ruststasie, Piketberg, Porterville, Pools, Eendekuil, Graafwater en Halfmanshof.

ADMINISTRASIE

Die volgende administratiewe funksies sal kosteloos aan agente en kopers van graan gelewer word:

  • Daaglikse inname-inligting
  • Daaglikse versendingsinligting
  • Maandelikse voorraadbevestigings


KONTAK

Awie Kriel
Sel:  083 286 2506
E-pos:  akriel@kaapagri.co.za

Teken Aan
Hoofkantoor Kaart
Voortrekkerweg 65
Malmesbury

Tel: 022 482 8000
Faks: 022 482 8088
Aandeleverhandeling

Handleiding
Pryse
Prosedure
Prysgeskiedenis

Finansiële Resultate

Winsaankondiging
Groep Tussentydse Verslag
Jaarverslag

Promosies

Besigtig die nuutste promosies beskikbaar by jou naaste Agrimark.

Landbou-Inligting

Voorsiening van tydige relevante inligting van tyd tot tyd.