→ Produkte - Profiel
Kaap Agri bedryf 14 silokomplekse en beskik oor totale opbergingskapasiteit van ongeveer 322 000 ton wat insluit horisontale opbergruimte te Ruststasie en stoorruimtes te Landplaas, Vredendal en VanRhynsdorp. Hiermee saam beskik Kaap Agri ook oor vier verwerkingsaanlegte geleë te Darling, Malmesbury, Porterville en Vredendal waar kleingraansaad en droëbone verwerk word. Die Malmesbury aanleg is ook gekontrakteer om Sensako se basissaad vir die Wes-Kaap te verwerk. Alhoewel Kaap Agri nie betrokke is by die verwerking van saadaartappels nie, verhandel die maatskappy saadaartappels hoofsaaklik afkomstig uit die Sandveld- en Ceres omgewing.
Kaap Agri se graanverhandelingsafdeling is verantwoordelik vir die bemarking van kleingraan en oliesade met die nodige rugsteun van ons landbou-adviesdienste.
Kwytskelding
Kaap Agri het sover moontlik redelike stappe geneem met betrekking tot die akkuraatheid en volledigheid van die inhoud wat op hierdie webtuiste verskyn, ten einde te verseker dat die gebruiker nie enige verlies of skade ly as gevolg van die gebruik van hierdie webblad nie.
Nietemin, die gebruik van hierdie webblad en die aanlyndienste is geheel en al op die gebruiker se eie risiko. Die gebruiker aanvaar volle verantwoordelikheid vir die risiko van skade en/of verlies voortspruitend uit die gebruik van hierdie webblad en die gebruiker se vertroue op die inligting daarin vervat.
Onder geen omstandighede sal Kaap Agri aanspreeklik wees vir enige skade, verlies, direk of indirek, spesiaal, toevallig of gevolglik nie, weens die gebruik van die webblad deur die gebruiker en die aanlyndienste of die inligting vervat op hierdie webblad, of die gebruiker se onvermoë om hierdie webblad of die aanlyndienste te gebruik nie, ongeag of sodanige skade of verlies voortspruit uit 'n kontrak of onregmatige daad of andersins, en ongeag of Kaap Agri uitdruklik ingelig is oor die moontlikheid van sodanige verlies of skade. |
|
|
|
|
Voortrekkerweg 65
Malmesbury
Tel: 022 482 8000
Faks: 022 482 8088 |
|
|
Handleiding
Pryse
Prosedure
Prysgeskiedenis
 |
|
|
Winsaankondiging
Groep Tussentydse Verslag
Jaarverslag
 |
|
|
Besigtig die nuutste promosies beskikbaar by jou naaste Agrimark.
 |
|
|
Voorsiening van tydige relevante inligting van tyd tot tyd.
 |
|
|
|