→ Landboubestuursdienste
INLEIDING
Kaap Agri Bedryf Bpk se landboubestuursdienste het ten doel om landboukundige dienste, tegnies sowel as ekonomies, aan sy kliënte, asook ander belanghebbendes te bied. Dit kan hierdie partye in staat stel om meer ingeligte besluite te neem wat tot verlaagde risiko en optimale produksie kan lei.
AKKERBOUDIENSTE
Die lewering van gespesialiseerde, akkerboukundige dienste word aan produsente gebied. Hierdie dienste sluit die volgende in:
- Gewasbeplanning.
- Riglyne rakende meganisasiekoste en beplanning.
- Graanproduksie-inligting wat insluit aktiwiteite soos kultivarkeuse, onkruidbeheer, bemestingsadvies, ensovoorts.
- Akkerboukundige norme van al die bekende droëlandgewasse in die area.
- Plaasbesoeke met die doel om landboukundige ondersteuning te lewer.
- Oesskattings en skadebepalings.
- Fasilitering van studiegroepe.
- Algemene landboukundige navrae.
LANDBOU-EKONOMIESE DIENSTE
Die verskaffing van landbou-ekonomiese insette wat die volgende insluit:
- Opstel van landbou-ekonomiese norms vir die streek.
- Lewensvatbaarheidstudies vir huidige, sowel as nuwe toetreders tot die landbou.
- Kredietondersoeke om die wenslikheid al dan nie van verdere limietverhogings te bepaal.
- Fasilitering van studiegroepe.
- Hulp met bedryfstakontledings.
- Hulp met bepaling van terugbetaalvermoë by kapitaalaankope.
- Hulp met verskaffing van finansiële verhoudings en doeltreffendheidsmaatstawwe in die landbousektor.
Vir enige navrae, kontak gerus vir Hardus Janse van Vuuren by 079 897 8354 of 022-931 8224.
|
|
|
|
|
|
Voortrekkerweg 65
Malmesbury
Tel: 022 482 8000
Faks: 022 482 8088 |
|
|
Handleiding
Pryse
Prosedure
Prysgeskiedenis
 |
|
|
Winsaankondiging
Groep Tussentydse Verslag
Jaarverslag
 |
|
|
Besigtig die nuutste promosies beskikbaar by jou naaste Agrimark.
 |
|
|
Voorsiening van tydige relevante inligting van tyd tot tyd.
 |
|
|
|
|
| |