Select Language: English Afrikaans
Versekerings - Profiel

RSA Agri Makelaars voldoen aan al die wetgewende vereistes en is 'n Gemagtigde Finansiële Diensteverskaffer. Ons maak seker dat ons altyd ten volle op hoogte is met verwikkelinge in die versekeringsmark ten einde te verseker dat u die beste voordeel sal trek uit ons ondervinding.

RSA Agri Makelaars reik ons eie polisse uit en kan aan u vinniger en beter diens voorsien in hierdie opsig. Enige wysiging aan u portefeulje kan onmiddellik gedoen word en endossemente is dadelik beskikbaar.

Eise word op takvlak hanteer en kan ons u van slegs die beste diens verseker. Ons het aansienlike bedingingsmag as gevolg van die grootte van die portefeulje wat ons hanteer.

Ons geografiese verspreiding is van so aard dat ons bykans die hele Wes-en Suid-Kaap kan bereik. Dit beteken dat daar altyd een van ons adviseurs in u omgewing sal wees.

Enige lid van die publiek is welkom om met ons te skakel. Ons dienste is nie beperk tot ons lede en rekeninghouers nie.

Ons is reeds meer as twintig jaar in u area besig met korttermynversekering. Gesamentlik verteenwoordig die ondervinding van ons bestuur en adviseurs sowat 300 jaar. Ons kan u te alle tye van professionele aandag en advies voorsien. Ons kundigheid staan vir niemand terug nie.

Ons baie bekwame span kan die volgende dienste aan u bied:


KORTTERMYNVERSEKERING

  • Mutual & Federal
  • Santam
  • Zurich
  • Landmark
  • Thatch Risk Acceptance
  • Admiral
  • Mountainview Indwe
  • MUA
  • HIU
  • HCV
  • Zenith

Privaatbesigheid, boerderybesigheid, kommersiële besigheid, korporatiewe besigheid, vervoerbesigheid, rietdakversekering en marine- en lugvaartversekering

Verandering van persoonlike gegewens

Eise aanmeldings

Eise navrae


OESVERSEKERING

  • Santam Landbou
  • Agricola
  • Mutual & Federal

Insetkosteversekering, koringversekering, hael en wind op vrugte en groente versekering


BEGRAFNISSKEMA

  • Metropolitan

Begrafnisdekking, lewens- en ongeskiktheidsdekking, voorsorgdekking


KREDIETVERSEKERING

  • Sanlam
  • Ou Mutual
Teken Aan
Hoofkantoor Kaart
Voortrekkerweg 65
Malmesbury

Tel: 022 482 8000
Faks: 022 482 8088
Aandeleverhandeling

Handleiding
Pryse
Prosedure
Prysgeskiedenis

Finansiële Resultate

Winsaankondiging
Groep Tussentydse Verslag
Jaarverslag

Promosies

Besigtig die nuutste promosies beskikbaar by jou naaste Agrimark.

Landbou-Inligting

Voorsiening van tydige relevante inligting van tyd tot tyd.

RSA Agri Makelaars (Edms.) Bpk. is ‘n gemagtigde finansiële diensverskaffer met FSB Lisensie no. 34909