Contact Us Store Locator Suppliers Covid-19
My Account
Kaap Agri - logo Kaap Agri - Symbol
About
Who We Are Our History Management Corporate Governance
Company Profile
Agrimark Tego Plastics The Fuel Company Agriplas Expressmark Forge Kaap Agri Namibia
Investors
Overview Reports SENS Calendar
Impact
Empowerment BBBEE KA Academy KA Trust
Careers
Life at Kaap Agri Join Our Team
Insights
Press Releases Care & Grow Marktoe! Magazine
Your Account & Information
Contact Us Store Locator Suppliers Covid-19
My Account
Insights | Care & Grow

Porterville-gemeenskap ontvang weer stewige geldinspuiting danksy saaiprojek

Posted on: 5 May 2021

Die Saaiprojek van Porterville se Gemeenskapsvereniging het  ‘n netto inkomste van R200 000 vir die 2020/21 produksieseisoen gegenereer. Dit bring die totale bedrag wat sedert die ontstaan van die projek aan begunstigdes uitbetaal is, op ‘n stewige R1,6 miljoen te staan.

As ’n stigterslid van die vereniging, speel Kaap Agri ’n vername rol om die volhoubaarheid van die projek te verseker. Die fondse is onlangs by ’n geleentheid wat by Kaap Agri se kantore op Porterville gehou is, aan die vereniging oorhandig. Die Porterville-gemeenskapsvereniging is ’n liefdadigheidsorganisasie wat in 2003 gestig is met die doel om alle winste wat genereer word, onder behoeftiges in die gemeenskap te verdeel.

Die saaiprojek is in 2004 op die been gebring en behels die verbouing van graan op meentgrond van 22 hektaar wat gratis deur die Bergrivier munisipaliteit beskikbaar gestel word. In 2020 is ’n ooreenkoms met die Munisipaliteit gesluit om die grond vir ʼn verdere 9 jaar en 11 maande vir die projek te gebruik.

Johan de Lange, Kaap Agri se afdelingshoof vir dienste en verhoudings, wat reeds jare by die inisiatief betrokke is, sê die volhoubaarheid van die projek is van groot belang vir die maatskappy. “Kaap Agri se bestaansrede beteken dat alle belanghebbers beter daaraan toe moet wees omdat ons bestaan en dit verg ‘n langtermyn benadering tot gemeenskapsontwikkelingsprojekte en ʼn fokus op die bou van verhoudings,” verduidelik hy.

“Danksy Kaap Agri se sterk graandienste afdeling kon ons heelwat kundigheid deel en ook help met die koördinering en administrasie van die projek. Dis veral lekker om te sien hoe die saaiprojek gegroei het en nou jaarliks ‘n stewige geldinspuiting aan behoeftige gemeenskappe op die dorp kan voorsien.”

Gedurende 2020, met die aanvang van die grendeltyd, het die projek ook R60 000 geskenk om voedselhulp in die gemeenskap te verleen. Ten einde ’n groter deel van die inkomste uit die verkoop van die graan aan die begunstigdes beskikbaar te stel, sit ‘n verskeidenheid van verskaffers hand by om insette (saad, kunsmis, chemie, ens.) en dienste (krediet, boekhouding, kontrakwerk, ens.) ten volle of gedeeltelik te borg.

Die inkomste wat deur die saaiprojek gegene-reer word, gaan aan Porterville Primêr, Hoërskool Porterville, Huis Nerina en die Badisa Christelike Welsynsorganisasie op die dorp. Die afgelope jaar het die begunstigdes die wins van R200 000 gedeel.

Cedric Zincke, skoolhoof van Porterville Primêr, sê hulle beplan om die geld ten bate van die skool se orkes te gebruik. “Ons het beplan om in 2020 ‘n skoolorkes te begin, maar as gevolg van die COVID-19-pandemie het dit nie gerealiseer nie. Ons hoop dat die orkes in 2021 op die been gebring sal word. Ons innige dank en waarde-ring aan alle belanghebbendes van dié projek. Dit word hoog op prys gestel.” 

Alec Amerika, van Badisa, sê dié saaiprojek is ’n groot hulp vir die gemeenskap, veral tydens die COVID-19-pandemie en -inperking. “Groot nood het as gevolg van die pandemie in die gemeenskap ontstaan. Baie mense het nie hulle salarisse ontvang nie en sommige het hulle werk verloor. Danksy die skenking wat ons ontvang het, kon ons baie families in hierdie tyd van nood help. Dit sou nie moontlik gewees het sonder die ondersteuning van die saaiprojek nie.”
 

“Danksy Kaap Agri se sterk graan-dienste-afdeling kon ons heelwat kundigheid deel en ook help met die koördinering en administrasie van die projek.”

Johan de Lange AFDELINGSHOOF: DIENSTE & VERHOUDINGS, KAAP AGRI


Download Care & Grow May 2021

Kaap Agri - logo

Connect with us on:

Facebook Instagram

Our Office

1 Westhoven Street
Paarl, Cape Winelands
Western Province, 7646

View Map

Divisions

Agrimark Tego Plastics The Fuel Company Agriplas Expressmark Forge Kaap Agri Namibia

Legal

Privacy Notice Terms of Use PAIA POPIA Cookie Policy Additional Legal Info

Agrimark App

Download our Agrimark App

App Store App Store

Copyright © 2022 All Right Reserved

Loading...

This website uses “cookies” to give you the best, most relevant experience. To find out more see our cookie policy.

Read