25 Maart 2020

Beste Kaap Agri-kliënt

Soos u bewus is, sal die hele Suid-Afrika vir 21-dae vanaf Vrydag 27 Maart 2020 tot middernag 16 April 2020 in ‘n staat van inperking wees. Die inperking het ‘n impak op alle besighede, en slegs sekere “noodsaaklike dienste” sal toegelaat word om oop te bly. 

As deel van ons voorsorgmaatreëls om die welstand van alle belanghebbendes te beskerm, en genoegsame voorraad aan kliënte te verseker, deel ons graag hierdie inligting.

Nadat ons beskikbare inligtingsbronne rakende ondernemings wat van die inperking vrygestel is, nagegaan het, het ons beslis dat Kaap Agri en sy filiale as ‘n noodsaaklike diens geklassifiseer word.

As ‘n onderneming wat van kritieke belang is in die voedselwaardeketting, die landbousektor en as ‘n verskaffer van noodsaaklike produkte, is Kaap Agri deel van die vrygestelde “noodsaaklike dienste”, veral omdat ons:

  • ’n verskaffer van belangrike insetgoedere vir voedselproduksie is (bv. kunsmis, chemikalieë, verpakkingsmateriaal, onkruiddoders, saad, dierevoer, dieremedisyne, ens.);
  • ’n verskaffer van brandstof is, wat gebruik word vir die produksie van voedsel (bv. op plase) en alle vervoer;
  • ’n verskaffer van voedsel is; 
  • ’n verskaffer van beskermende klere, persoonlike higiëneprodukte, chemikalieë en verwante-toerusting noodsaaklik vir sanitasie, is.

Met inagneming van bogenoemde het die volgende Kaap Agri-handelsafdelings hul bedryfsprosedures tot “noodsaaklike dienste” aangepas en hersien. Ons sal voortgaan om, sover as moontlik, normaal sake te bedryf. 

AFDELING STATUS
Agrimark Oop
Pakmark Oop
Brandstofdepots Oop
Wesgraan Silo’s Oop
Wesgraan Saadverwerkingfasiliteite Oop
Kaap Agri Meganisasie Oop
Forge Oop
The Fuel Company (TFC) (Expressmark ingesluit) Oop
  • Vulstasies
Oop
  • Geriefswinkels
Oop
  • Kitskos-restaurante
Gesluit
Agriplas Oop
TEGO Plastics Oop
Finansieringsdienste Oop
Kaap Agri Verspreidingsentrum Oop
Liquormark Gesluit
Ondersteuningsdienste Oop en kan via telefoon en e-pos gekontak word.

By Kaap Agri is dit ons bestaansrede dat al ons belanghebbers beter daaraan toe moet wees omdat ons bestaan. Hoewel ons dus ’n “noodsaaklike diens” is, is dit belangrik dat ons ons handelsbedrywighede met die nodige sorg voer om die gesondheid van ons werknemers en ons kliënte te verseker. Gevolglik sal ons bedieningspunte minimale personeelgetalle hê, en werknemers is toegerus met streng higiëne-voorsorgmaatreëls.

As sulks, versoek ons ook ons kliënte om die algemene riglyne ten opsigte van higiëne en sosiale distansiëring by ons handelspunte te volg. Die gesondheid en welstand van ons eie gemeenskap en kliënte bly ons top prioriteit, terwyl ons die deure oophou om deurlopende landbouproduksie in die land te ondersteun.

Ons is trots daarop dat ons, gegewe ons vermoëns, produkte en dienste, positief kan bydra tot hierdie uitdaging.

Wees versigtig. Wees gesond.

Vriendelike groete

Sean Walsh

Uitvoerende Hoof 

Kaap Agri-groep